'n Teer Gevoel lyrics Herman Van Veen lyrics - paroles - lyric - listen - mp3 - download - radio

|
sem foto

Herman Van Veen

'n Teer Gevoel

lyrics down

Herman Van Veen


'n Teer Gevoel


by N/A

Ek koester steeds 'n teer gevoel
vir elke gek, vir elke dwaas
wat heeldag leeglê sonder doel
van elke daad volledig baas

Ek koester steeds 'n teer gevoel
vir elkeen wat hom luidkeels uit
die kompromis beskou as bluf
vir wie die groep sy deure sluit

Ek koester steeds 'n teer gevoel
vir hulle wat die lewe troef
en as die waarheid drome tart
klink hulle lag 'n bietjie droef

Ek koester steeds 'n teer gevoel
vir elke man, vir elke vrou
wat in volkome weerloosheid
'n ander liefhet en vertrou

Ek koester steeds 'n teer gevoel
vir elke man, vir elke vrou
wat in volkome weerloosheid
'n ander liefhet en vertrou

lyrics up

lyrics

Herman Van Veen


©2003-2009 lyrics-songs.com|Legal Notice|Privacy Policy|Contact us
van veen herman letras